
WK-polisie gereed vir moontlike verkiesingsontwrigtings
Loading player...
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakhele Dyantyi, sê hulle is gereed om veiligheid te handhaaf en te reageer op enige ontwrigtings tydens Woensdag se munisipale verkiesing. Hy sê daar is 'n toegewyde bedryfsplan met afsonderlike ontplooiings om moontlike bedreigings die hoof te bied. Dyantyi sê die polisie sal nie beamptes van bestaande operasies onttrek om verkiesingsverwante veiligheid te hanteer nie. Hy sê die nodige hulpbronne is geïdentifiseer sonder om bestaande veiligheidsreëlings te ontwrig:

