Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het Durban aangewys as voorkeur-gasheerstad vir sy bod om die Olimpiese en Paralimpiese Spele in 2036 of 2040 aan te bied. Die kabinet het die bod goedgekeur. Johannesburg en Kaapstad is ook as moontlike kandidaat-stede oorweeg. Sewe lande het belangstelling uitgespreek om 2036 se…
Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema voorspel droë toestande oor sentraal- en suidelike Namibië, met geïsoleerde buie wat oor die naweek in die noordweste en langs dele van die kus verwag word. Reënval sal na verwagting teen Sondag ooswaarts versprei voordat dit Maandag afneem.
Die presidensiële Landbou-gesant, Wandile Sihlobo, sê indien Suid-Afrika toegang tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika sou verloor, dit uitdagings vir verskeie landboubedrywe sou skep, maar dit sal nie katastrofies wees nie. Die land was die grootste begunstigde van AGOA, waarkragtens deelnemende lande belastingvrye toegang tot die Amerikaanse…
In sy bydrae tot die begrotingsdebat het SWAPO-parlementslid Ephraim Nekongo die regering geprys vir die bestuur van inflasie en die handhawing van 'n positiewe handelsbalans; hy het gesê dit weerspieël 'n duidelike verbintenis tot mense, produktiwiteit en fiskale omsigtigheid. Hy het gister die parlement toegespreek.
AfriForum doen 'n beroep op die regering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en 'n nasionale strategie in te stel om dit te voorkom. Die beroep volg op Woensdag se aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat op wrede wyse aangerand is. AfriForum se Jacques Broodryk sê die owerhede moet…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.