‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos

Loading player...
Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland-landgoed in Hartenbos open. Die nuwe Afrikaanse skool is ʼn vennootskap tussen Die MOS Inisiatief, die Doxa Deo Education Trust en Hartland Lifestyle-ontwikkelaars.
21 Sep Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Kan KI onderwysers vervang?

Kan KI kinders help om beter te dink, of dink dit namens hulle? Valentyn van der Merwe van die SOS gesels met dr. Leandie Bräsler oor KI se plek in die klaskamer, die nuwe Leerderbot en waarom onderwysers in die KI-era belangriker as ooit tevore kan word.
26 Oct 13 min

SkoolSlim | Is jou kind gereed vir graad 1?

Skoolgereedheid gaan oor veel meer as letters en syfers. Dr. Melodie de Jager, stigter van die Mind Moves Instituut, gesels met dr. Leandie Bräsler van die SOS oor waarom speel, beweging en alledaagse gesinsaktiwiteite die grondslag vir leer lê. Ontdek hoe jy jou kind kan help om skoolgereed te word,…
26 Oct 21 min