Nanso kap Nsfaf oor misloop van eie betaal-spertye

Loading player...
Nanso het kommer uitgespreek oor Nsfaf se voortdurende vertragings in die uitbetaling van nie-onderriggelde aan tersiêre en beroepsgerigte studente. Nanso-woordvoerder Ndayola Mulongeni sê dat terwyl baie studente uitbetalings ontvang het, 'n beduidende aantal eerstejaar- en finalejaarstudente sonder fondse bly, wat hulle laat sukkel om basiese lewenskoste te dek. Mulongeni kritiseer Nsfaf omdat hulle herhaaldelik hul eie betalingstermyne misloop. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min

Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp

Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
12 Sep 6AM 1 min