SA se Verkiesingskommissie sukkel, ANC spreek vertroue uit

Loading player...
Die ANC het sy volle vertroue in die Verkiesingskommissie en sy integriteit uitgespreek. Die party hou vol tegniese probleme met die kommissie se kandidate-vasleggingstelsel het ʼn paar van sy kandidate vir die plaaslikeregeringsverkiesing se invoering op die stelsel geraak. Politieke partye en onafhanklike kandidate se benoemings moes teen vyfuur op 28 Augustus op die stelsel wees. Die kommissie sê egter sy stelsel het reg gewerk. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het aan Newzroom Afrika gesê hulle glo hulle sal die probleem met die kommissie oplos:
3 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meningspeilings toon ANC-steun tuimel

Die nuutste meningspeilings voor Suid-Afrika se munisipale verkiesings toon 'n skerp daling in ANC-steun, wat dui op 'n toename in koalisieregerings op plaaslike vlak. Politieke ontleder Roland Henwood waarsku dat toenemende kiesersapatie 'n klein minderheid kan toelaat om die verkiesingsuitslag te bepaal, wat onstabiele koalisies en swak regering in gevaar…
31 Oct 3AM 1 min

Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord

AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het…
31 Oct 2AM 1 min

Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval

Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot…
31 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min