IPC stel mosie van wantroue in Speaker in

Loading player...
Die IPC het 'n historiese mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien, waarin gevra word vir haar sensuur en verwydering uit haar amp. Die mosie is vanmiddag deur die IPC-LP, Michael Mulunga, ingedien en is die eerste van sy soort sedert Namibië se onafhanklikheid. Mulunga wys op ontwrigtings in die Nasionale Vergadering, geskille oor beslissings en stemprosedures, en gevalle waar magte wat aan die Huis behoort, vanuit die Voorsittersstoel uitgeoefen is.
2 Sep 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min