
Stropers 'stig veldbrande, slaan elders toe'
Loading player...
Teenstropery spanne in die Omaheke-streek waarsku dat stropers veldbrande stig om nooddienste van teikenplase weg te lok. Rickus Spangenberg van die K9 Anti-Poaching Unit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy spanne brandbestrydingstoerusting ontplooi om boere te help, die gevolglike chaos maklike geleenthede vir stropers skep.

