
Asoli eerste plaaslike party in Afrika-politieke netwerk
Loading player...
Joseph Kauandenge se Asoli Progressiewe Party het amptelik by die Afrika Demokratiese Alliansie vir Vryheid en Vooruitgang aangesluit en is die eerste Namibiese politieke party wat in die kontinentale netwerk aanvaar is. Die netwerk, onder voorsitterskap van Build One South Africa-leier Mmusi Maimane, verenig 48 organisasies van 25 lande om te pleit vir demokrasie, die oppergesag van die reg en inklusiewe groei dwarsoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met Kauandenge gepraat.

