Stygende brandstofprys raak vervoerkettings

Loading player...
Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê terwyl brandstofpryse styg, moet vervoermaatskappye, vloot-operateurs en klante hulle staal teen die druk op bedryfskoste:
2 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min