Napha verwerp Franse trofeeverbod

Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het Frankryk se wetsontwerp om die invoer, uitvoer en heruitvoer van jagtrofeë van sekere spesies te beperk, in absolute terme verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha se president, Hannes du Plessis, gesels wat sê dat Europa nie in ‘n posisie is om vir Namibië of Afrika te preek oor die bewaring van sy omgewing nie, aangesien Namibië wetgewing in plek het vir die beskerming daarvan. Hy beklemtoon dat amptelike syfers toon dat internasionale jagters direk tot 758 miljoen Namibiese dollar tot die BBP bydra.
2 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min