SA teken 4 109 huisbrake daagliks aan

Loading player...
Meer as 1,5-miljoen huisbrake is in die 2025/2026-boekjaar aangeteken, met meer as 1 miljoen huishoudings wat geraak is. Die opname toon diefstal van persoonlike besittings was die algemeenste misdaad en het sowat 1,2-miljoen mense geraak met rooftogte op straat die tweede algemeenste. Risenga Maluleke van Statistiek Suid-Afrika sê die verslag toon slegs 38-persent van mense voel veilig genoeg om snags alleen in hul woonbuurte te stap, vergeleke met 81-persent gedurende die dag:
2 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf

Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n…
13 Sep 5AM 1 min

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min