IPC sê Ethiopian Airlines sal Namibia Air abba

Loading player...
Die IPC het kommer uitgespreek oor Namibië se moontlike samewerking met Ethiopian Airlines in die stigting van die voorgestelde Namibia Air. Die kommer spruit voort uit ’n interne memorandum laat in Augustus oor vergaderings wat tussen Namibiese amptenare en Ethiopian Airlines op 21 en 22 Augustus in Addis Abeba gehou is. Die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, sê die voorgestelde vennootskap laat vrae ontstaan oor die rol van plaaslike beroepslui in lugvaart en die land se beheer oor die nuwe lugredery.
2 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf

Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n…
13 Sep 5AM 1 min

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min