IPC sê Ethiopian Airlines sal Namibia Air abba

Loading player...
Die IPC het kommer uitgespreek oor Namibië se moontlike samewerking met Ethiopian Airlines in die stigting van die voorgestelde Namibia Air. Die kommer spruit voort uit ’n interne memorandum laat in Augustus oor vergaderings wat tussen Namibiese amptenare en Ethiopian Airlines op 21 en 22 Augustus in Addis Abeba gehou is. Die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, sê die voorgestelde vennootskap laat vrae ontstaan oor die rol van plaaslike beroepslui in lugvaart en die land se beheer oor die nuwe lugredery.
2 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanklagte teen Johnson, Khan 'baie ernstig', sê Vervolgingsgesag

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van 10 000 rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn…
31 Oct 4AM 1 min

Meningspeilings toon ANC-steun tuimel

Die nuutste meningspeilings voor Suid-Afrika se munisipale verkiesings toon 'n skerp daling in ANC-steun, wat dui op 'n toename in koalisieregerings op plaaslike vlak. Politieke ontleder Roland Henwood waarsku dat toenemende kiesersapatie 'n klein minderheid kan toelaat om die verkiesingsuitslag te bepaal, wat onstabiele koalisies en swak regering in gevaar…
31 Oct 3AM 1 min

Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord

AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het…
31 Oct 2AM 1 min

Noord-Korea sit dalk agter Binance-kuberaanval

Binance, die wêreld se grootste kripto-beurs, is besig met ʼn reuse-opknapping van sy sekuriteit nadat kuberkrakers by sy digitale beursies ingebreek en sowat 104,77-miljard-rand gesteel het. Dit word beskryf as die grootste diefstal in die geskiedenis. Volgens ʼn aanvanklike ondersoek het die diewe deur ʼn ingenieur se skootrekenaar toegang tot…
31 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min