
Sterker rand sal nie brandstofprys teenwerk nie - KPMG
Loading player...
'n Ekonoom van KPMG Suid-Afrika sê 'n sterker rand sal nie die skerp styging in wêreldwye brandstofpryse in September teenwerk nie. Frank Blackmore sê die onderverhaling vir 95-oktaan petrol is een Suid-Afrikaanse rand-ses-sent per-liter en vir 93-oktaan staan dit op 96 sent. Die onderverhaling vir diesel is 2-rand-71- en twee-rand-92-sent. Hy sê al het die rand van 16-rand-90 tot 16-rand teen die Amerikaanse dollar versterk, het brandstofpryse skerp gestyg weens die Russies-Oekraïnse oorlog:

