
Skerp brandstofprys-verhogings in SA wek kommer
Loading player...
Die vakbond Giwusa is erg bekommerd oor môre se brandstofprysverhogings. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het aangekondig die petrolprys styg om middernag met een Suid-Afrikaanse rand 34 sent per liter. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê selfs erger is die gedifferensieerde groothandelprysverhogings van twee rand-94 sent en drie rand-15 sent per liter vir diesel, afhangend van die swaelinhoud. Hy sê dis 'n regstreekse aanval op die voortbestaan van werkers en armes:

