
Paaie-owerheid soek jóú insette oor paaie, dienste
Loading player...
Die Paaie-owerheid het 'n landwye persepsie-opname van stapel gestuur om direkte terugvoer van padgebruikers oor nasionale pad-toestande en openbare dienste in te samel. Die onafhanklike opname nooi openbare insette oor padonderhoud, infrastruktuur, padtekens, asook kliëntediens by NaTIS en weegbrug-fasiliteite landswyd uit, voor die sperdatum van 7 September. Owerheid-woordvoerder Hileni Fillemon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

