
Sperdatum vir rooivleisuitvoere in SA verleng
Loading player...
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die verlenging van die registrasiedatum vir rooivleisuitvoere is van kritieke belang vir internasionale markte. Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het 'n verlenging van die registrasiedatum tot 31 Desember 2026 aangekondig vir plase en voerkrale wat rooivleis aan die Verenigde Arabiese Emirate lewer. Bennie van Zyl van TLU SA sê die landbousektor moet nou aan veeartsenykundige regulasies voldoen:

