
Rassebevoordeling in hoër onderwys moet stop, sê Saftu
Loading player...
Saftu het die regering en die departement van hoër onderwys en opleiding versoek om die transformasie van die hoëronderwyssektor te prioritiseer. Statistiek toon 39,7-persent van die professore aan die Universiteit van Kaapstad is wit, 39,3- persent is buitelandse burgers, terwyl Afrika-, bruin en Indiese professore saam slegs 22,6-persent uitmaak. Asive Dyani van Saftu sê dit moet nie 'n kompetisie tussen swart Suid-Afrikaners en swart Afrikane van elders op die vasteland word nie, terwyl die geskiedenis van rassebevoordeling nog steeds voortduur:

