
Regering moes lankal graan deur Amta koop
Loading player...
Landboukundige Wallie Roux sê die regering se besluit om graan van plaaslike meulenaars deur die Agro-Bemarkings- en Handelsagentskap, Amta, te koop, is lankal agterstallig. Dit volg op 'n buitengewoon goeie oes, met produsente wat nou sukkel om hul graan te verkoop. Die regering het 40 miljoen Namibiese dollar vir die aankope toegeken, terwyl plaaslik vervaardigde voedsel ook in die skoolvoedingsprogram ingesluit sal word. Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Amta dit reeds moes gedoen het om die druk op produsente wat beperkte bergingsfasiliteite in die gesig staar, te verlig.

