Hofbevel het nie probleme by studente-hulpskema opgelos nie

Loading player...
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die raad van Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente aangemoedig om stelsels, beheer en bestuur te versterk. Hy het gister met die raad vergader om die implementering van 'n hofbevel, institusionele deurlopendheid en die funksionering van die skema vorentoe te bespreek. Die skema gaan van administrasie oor na tussentydse ooreenkomste soos deur die hof bepaal is. Manamela sê die hofbevel het nie die onderliggende probleme by die skema opgelos nie:
28 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe regulasies sal billike toetsing by NaTIS

Die woordvoerder van die Paaie-owerheid, Hileni Fillemon, sê dat komende nasionale bestuurskoolregulasies daarop gemik is om streng akkreditasiestandaarde af te dwing, vooroordeel uit te skakel en billike toetsing by alle NaTIS-sentrums te verseker. Die owerheid het onlangs 'n interne ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupte skakels en belangebotsings tussen…
13 Sep 6AM 1 min

Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf

Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n…
13 Sep 5AM 1 min

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min