NNN lig nasionale trots uit by terugkeer van helde-oorskot

Loading player...
Die oorskot van voormalige bevrydingshelde en Robbeneiland-politieke gevangenes Petrus Niilenge en Festus Nehale, saam met die voorvaderlike oorskot van 84 ander Namibiërs, het vanoggend vanaf Kaapstad by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aangekom. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die repatriasieplegtigheid gesê die terugkeer van die oorskot gaan verder as simboliek, en beklemtoon nasionale trots.
21 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe regulasies sal billike toetsing by NaTIS

Die woordvoerder van die Paaie-owerheid, Hileni Fillemon, sê dat komende nasionale bestuurskoolregulasies daarop gemik is om streng akkreditasiestandaarde af te dwing, vooroordeel uit te skakel en billike toetsing by alle NaTIS-sentrums te verseker. Die owerheid het onlangs 'n interne ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupte skakels en belangebotsings tussen…
13 Sep 6AM 1 min

Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf

Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n…
13 Sep 5AM 1 min

Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani

Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike…
13 Sep 4AM 1 min

Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer

Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy…
13 Sep 3AM 1 min