Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
MARKUS 8
Jesus genees 'n blinde man in Betsaida
22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. 23Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”
24Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”
25Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien. 26Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

2 KORINTIËRS 5
17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

FILIPPENSE 1
6Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
20 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 Die vals profete 1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen…
8 Sep 2AM 11 min