Standard Bank se leningsboek is vier keer die gemiddelde kredietkoers

Loading player...
Standard Bank Namibië se leningsportefeulje vir kliënte het in die eerste helfte van die jaar met 17,4 persent tot 29 miljard Namibiese dollar gegroei – vier keer die koers van kredietverlening in die privaatsektor, wat op 4,5 persent gestaan het. Die bank se woordvoerder, Elzita Beukes, sê dat dit die bank se volgehoue fokus weerspieël om kliënte te ondersteun in sektore wat belê, uitbrei en tot ekonomiese groei bydra, terwyl 'n gedissiplineerde en omsigtige benadering tot lenings gehandhaaf word. Sy praat met Kosmos 94.1:
18 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Watersport: Enjins brul op Oanob

Die enjins brul vandag op die Oanobdam brul wanneer nege spoedvrate die Lake Oanob Grand Prix-reeks aanpak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 is daar en het met Gerhard van Geen van Suid-Afrika gesels, wat die beampte vir die dag is.
31 Oct 6AM 1 min

Aksieplan vir vennootskap tussen Rusland en Afrika

Die derde Rusland-Afrika-beraad het die Aksieplan van die Rusland-Afrika-vennootskapsforum vir 2027 tot 2029 aanvaar. Dit sal as raamwerk vir die implementering van samewerking oor die volgende drie jaar dien. Die beraad was bygewoon deur verteenwoordigers van 50 Afrika-lande en leiers van die vasteland se streeksintegrasie-organisasies. Kosmos 94.1 Nuus het met…
31 Oct 6AM 1 min

Aanklagte teen Johnson, Khan 'baie ernstig', sê Vervolgingsgesag

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog van 10 000 rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn…
31 Oct 4AM 1 min

Meningspeilings toon ANC-steun tuimel

Die nuutste meningspeilings voor Suid-Afrika se munisipale verkiesings toon 'n skerp daling in ANC-steun, wat dui op 'n toename in koalisieregerings op plaaslike vlak. Politieke ontleder Roland Henwood waarsku dat toenemende kiesersapatie 'n klein minderheid kan toelaat om die verkiesingsuitslag te bepaal, wat onstabiele koalisies en swak regering in gevaar…
31 Oct 3AM 1 min

Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord

AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het…
31 Oct 2AM 1 min