Gholf: Die tuisgunsteling Shane Lowry het 'n rekordoorwinning van elf houe by die Ierse Ope behaal. Die 39-jarige het die laaste ronde met sewe onder 63 voltooi om op 23 onder baansyfer te eindig. Dit was sy sewende loopbaantitel en tweede Ierse Ope. Die Amerikaner Patrick Reed en Joaquin Niemann…
Agtien mense is dood in ʼn botsing op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap. Twee minibustaxi’s en ʼn stasiewa was in die ongeluk betrokke. Drie mense is ernstig beseer. Die Departement van Mobiliteit se woordvoerder, Muneera Allie, sê die N1 bly in albei rigtings gesluit. Sy…
Terwyl Namibië voorberei om 'n groter rol in die olie- en gassektor op see te speel, word plaaslike maatskappye aangemoedig om op meer as net die nakoming van vereistes vir plaaslike inhoud te fokus. Dirk van Schalkwyk, uitvoerende direkteur van Welwitschia Services Group, sê Namibiese ondernemings moet die prestasie, veiligheidstandaarde…
Schumacher Bonsmaras het die naweek 'n suksesvolle boeredag op die plaas Eenzaamheid in die Seeis-omgewing, oos van Windhoek, aangebied onder die tema 'Boer slimmer vir moeiliker seisoene'. Marc Schumacher, eienaar van Schumacher Bonsmaras, sê die opkoms toon dat boere gretig is vir gesprekke oor landbou, en spesifiek beesboerdery. Hy gee…
Die Forum for South Africa sê pogings om Suid-Afrika se vraglogistiekstelsel te herstel, begin vrugte afwerp. Dit volg nadat Transnet 'n wins van 4,6-miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken het vir die boekjaar wat in Maart 2026 geëindig het. Dit is 'n beduidende ommeswaai vergeleke met die netto verlies van 1,9-miljard-rand die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.