Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
MARKUS 10
Gesprek oor egskeiding
(Matt. 5:31-32; 19:1-9; Luk. 16:18)
1Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer.
2Daar het ook Fariseërs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: “Mag 'n man van sy vrou skei?”
3Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?”
4“Moses het toegelaat dat iemand 'n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord.
5Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het. 6Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’ 7‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, 8en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. 9Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”
10In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra. 11Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou. 12En as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”
13 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 Die vals profete 1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen…
8 Sep 2AM 11 min