Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het sedert vroeg hierdie maand geen verdere berigte van sardyn-vrektes ontvang nie. Wydverspreide vrektes onder die vis is langs die Suid-Afrikaanse en Namibiese kus aangemeld. 'n Woordvoerder, Zolile Nqayi, sê die volgehoue hoë vlakke van die sardyn-herpesvirus in die vis – insluitend…
Die werwing van Namibië se eerste inligtingskommissaris en sy adjunk sal na verwagting hervat word na 'n pouse om breër belanghebberkonsultasies oor die Wet op Toegang tot Inligting in Maart 2026 te voer. Die minister van inligting, Emma Theofelus, het aan die parlement gesê dat die ministerie nou al die…
Die Israelse minister van Kultuur, Miki Zohar, dreig om die burgerskap van twee rolprentregisseurs te herroep oor 'n dokumentêr wat die regering se oorlogsmisdade in Gaza ontbloot. Die dokumentêr, NAZA, deur Yuval Abraham en Rachel Szor, bevat onthullende onderhoude met 24 Israelse militêre intelligensie-amptenare en soldate oor hoe burgerlikes geteiken…
Die herrie rakende kunsmatige intelligensie duur voort met president Donald Trump wat weier om te glo dat daar ‘n risiko is en sê die VSA is in ‘n wedloop met die wêreld om KI te beheer. Dit kom na Anthropic gewaarsku het oor beduidende risiko’s. Voormalige navorsers, soos Jacob Coxon,…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra ʼn onmiddellike nasionale referendum om die Grondwet te hersien en te wysig om weer die doodstraf vir moordenaars in te stel. Dit volg na die moord op vier vroue in Rhodesfield, Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die forum se president, Marothi Mashashane,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.