Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
2 SAMUEL 9
Dawid neem Mefiboset onder sy sorg
1Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.”
2Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding, na hom toe laat roep.
“Is jy Siba?” vra die koning hom.
Hy antwoord: “Ek is u onderdaan.”
3“Is daar nie miskien iemand uit Saul se familie oor nie?” wou die koning weet. “Ek wil hom 'n besondere guns bewys.”
“Daar is nog 'n kreupel seun van Jonatan,” was Siba se antwoord aan die koning.
4“Waar is hy?” vra die koning hom toe, en hy het geantwoord: “Hy is in die huis van Ammiël se seun Makir in Lo-Dabar.”
5Koning Dawid het hom toe laat haal uit Makir se huis in Lo-Dabar. 6Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig.
“Mefiboset?” vra Dawid.
“Ek is u onderdaan,” antwoord hy.
10 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 Die vals profete 1Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. 2Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen…
8 Sep 2AM 11 min