SA-kiesers registreer baie goed, meeste in KZN

Loading player...
Die Verkiesingskommissie sê Suid-Afrikaners het positief gereageer tydens die laaste kieserregistrasie-naweek voor die munisipale verkiesing in November. Volgens ʼn voorlopige verslag het die meeste in KwaZulu-Natal geregistreer, gevolg deur die Oos-Kaap en Gauteng. Tydens die eerste registrasienaweek op 20 en 21 Junie is meer as drie-miljoen registrasies aangeteken. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal hopelik binnekort die verkiesingsdatum aankondig:
3 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê KI nie so gevaarlik nie

President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. 'n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur…
14 Sep 11AM 1 min

Meatco bevorder planne vir noord van Rooilyn

Meatco bevorder sy planne om bedrywighede noord van die veeartsenykundige grensheining te hervorm volgens 'n meer gefokusde en volhoubare model. Met 'n geskatte een miljoen beeste in die noordelike gemeenskaplike gebiede, waarvan ongeveer 30 persent as geskik vir slagting beskou word, plaas die padkaart hernude klem op die verbetering van…
14 Sep 11AM 1 min

6th Grain 'het nog nie landbouministerie gedagvaar'

Die landbouministerie bevestig dat hy nog nie formeel 'n regsvereiste vir 13 miljoen Namibiese dollar van die Amerikaanse tegnologiemaatskappy 6th Grain Corporation ontvang het nie, na die kansellasie op bevel van die kabinet, van sy kontrak vir gewasmonitering. Volgens berigte het die maatskappy regsverteenwoordigers aangestel om vergoeding en skadevergoeding van…
14 Sep 10AM 1 min

Eerste minister waarborg geldelike steun vir Brave Warriors

Eerste minister en beskermheer van die Namibiese Sokkervereniging, Elijah Ngurare, het die regering se verbintenis tot ondersteuning van die nasionale sokkerspan, die Brave Warriors, herbevestig. Hy erken die span se frustrasie omdat tuiswedstryde in die buiteland gespeel moet word weens swak stadions. Ngurare het tydens 'n besoek aan die vereniging…
14 Sep 10AM 1 min