Britse tronke: Kemi sê sy kan niks aan die verlede doen nie

Loading player...
Daar is 'n krisis in Britse tronke wat oorvol is. Met die onlangse bevriesing van vroeë vrylating deur Arbiedspremier Andy Burnham word daar voorspel dat alle gevangenisse teen November vol sal wees. Dit word gesien as 'n mislukking van die Tories wat 14 jaar aan bewind was en duisende nuwe plekke sou skep. Net 500 is bygevoeg maar Tory-leier Kemi Badenoch sê het net antwoorde vir die toekoms.
29 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amodei sê KI word gereguleer

Die regulering van KI bly in die nuus. In sy onderhoud met Anderson Cooper op CNN, het Dario Amodei, uitvoerende hoof van Anthropic, die maatskappy se benadering tot die toetsing van gevorderde modelle en die bestuur van KI-veiligheid bespreek. Amodei sê hulle gebruik onafhanklike inspekteurs.
15 Sep 5AM 1 min

SA publiek moenie bespiegel oor N1-ongeluk nie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap maan die publiek om nie oor die oorsaak van die dodelike ongeluk op die N1 te bespiegel of skuldiges uit te wys voor die feite bepaal is nie. Een-en-twintig mense is dood na 'n botsing tussen twee minibus-taxi's en 'n stasiewa tussen Prins…
15 Sep 5AM 1 min

Hakeem Jeffries vra vir stappe om KI te beheer

Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het 'n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat 'n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en…
15 Sep 4AM 1 min

Gautengse wetgewer waarsku teen reeksmoordenaar bespiegelinge

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met 'n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku…
15 Sep 4AM 1 min

Cosatu se verkiesingskongres verval in chaos

Die vakbondfederasie Cosatu se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid…
15 Sep 2AM 1 min