
Waterkrisis in SA - probleem lê by aanspreeklikheid
Loading player...
AfriForum sê die pas-vrygestelde Nasionale Water-aksieplan bevestig dat Suid-Afrika se waterkrisis veroorsaak word deur mislukte munisipaliteite, verwaarloosde infrastruktuur, swak finansies en ʼn gebrek aan aanspreeklikheid. Die plan stel omvattende hervormings voor. Munisipaliteite verloor byna die helfte van die water wat deur hul stelsels gepomp word. Lambert de Klerk van AfriForum sê die land het nie ʼn tekort aan planne om die waterkrisis te hanteer nie, maar eerder ʼn gebrek aan aanspreeklikheid:

