
Informele handelaars kry 'n vereniging
Loading player...
Informele handel in Namibië kan binnekort meer georganiseerd raak namate gemeenskapsaktiviste voorberei om die Street Vendors & Micro-Importers Association of Namibia te stig. Die stap volg op Stad Windhoek se besluit om planne om verkopers uit China Town te verwyder, om te keer. Terwyl handelaars vir eers daar kan werk, sê die munisipaliteit dat verkope langs besige paaie en kruisings 'n veiligheidsrisiko bly. Gemeenskapsaktivis Michael Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die vereniging informele handelaars 'n sterker stem sal gee in toekomstige onderhandelinge met owerhede.

