Bibi moet sê Trump vergadering was goed, hy het niks anders nie

Loading player...
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het niemand wat hom ondersteun nie, behalwe Amerikaanse president Donald Trump en daarom het hy geen keuse as om te sê sy ontmoeting met Trump was die beste ooit nie. Dit is die mening van Danny Citrinowicz, 'n kenner in intelligensie, nasionale veiligheid en die Midde-Ooste. Hy sê Israel het sy legitimiteit in die internasionale gemeenskap ondermyn deur nie die Palestynse probleem op te los nie.
29 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hakeem Jeffries vra vir stappe om KI te beheer

Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het 'n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat 'n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en…
15 Sep 4AM 1 min

Gautengse wetgewer waarsku teen reeksmoordenaar bespiegelinge

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met 'n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku…
15 Sep 4AM 1 min

Cosatu se verkiesingskongres verval in chaos

Die vakbondfederasie Cosatu se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid…
15 Sep 2AM 1 min

Joernaliste se arbeidsregte moet gerespekteer en beskerm word

Die LPM doen 'n beroep op beter arbeidspraktyke by mediahuise en verwys na beweerde voortdurende onregverdige behandeling van joernaliste deur sekere senior bestuurders. Die party sê dat joernaliste se arbeidsregte kragtens arbeidswetgewing gerespekteer en beskerm moet word, en vra mediabestuurders om gesonde en etiese arbeidspraktyke te handhaaf. Eneas Emvula, die…
15 Sep 2AM 1 min

Waterwet maak nie regstelling oor lisensie vereistes nie

AfriForum sê die Nasionale Waterwet maak nie ‘n regstelling op ’n afsonderlike vereiste waaraan voldoen moet word voordat ’n aansoek om ’n waterlisensie oorweeg kan word nie. Die organisasie betwis ’n vereiste op die Departement van Water en Sanitasie se aanlynstelsel wat van aansoekers verwag om aan te toon hoe…
15 Sep 1AM 1 min