
Bibi sê hy en Trump het dieselfde doelwitte
Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump van Amerika as “een van die beste gesprekke” wat hulle nog gehad het. Die twee leiers het agter geslote deure by die Withuis vergader, die eerste keer sedert die gesamentlike oorlog teen Iran begin het. Die Withuis sê die ontmoeting was positief en produktief. Netanyahu het aan Fox News gesê sy verhouding met Trump is sterk, en bygevoeg hulle het ʼn gemeenskaplike doelwit teen Iran:

