Die Namibiese bokser Philip Mutakela !Haoseb neem deel aan die Mans 55 kg, Bantamgewig/Veergewig-kategorie by die 2026 Statebondspele in Glasgow, Skotland.
Die regulering van KI bly in die nuus. In sy onderhoud met Anderson Cooper op CNN, het Dario Amodei, uitvoerende hoof van Anthropic, die maatskappy se benadering tot die toetsing van gevorderde modelle en die bestuur van KI-veiligheid bespreek. Amodei sê hulle gebruik onafhanklike inspekteurs.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap maan die publiek om nie oor die oorsaak van die dodelike ongeluk op die N1 te bespiegel of skuldiges uit te wys voor die feite bepaal is nie. Een-en-twintig mense is dood na 'n botsing tussen twee minibus-taxi's en 'n stasiewa tussen Prins…
Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het 'n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat 'n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en…
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met 'n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku…
Die vakbondfederasie Cosatu se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.