
Miljoene in onopgeëiste pensioen- en ander fondse
Loading player...
Onopgeëiste voordele van pensioen- of ander fondse bly in die kollig, met kenners wat 'n hersiening van die stelsel vir die opsporing van begunstigdes versoek sodat voordele uitbetaal kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die verbruikersbeskermingsaktivis Milton Louw gepraat, wat sê komplekse eisprosesse, duur dokumentasievereistes en swak toegang tot dienste benadeel landelike en lae-inkomste Namibiërs.

