Trump sê hy het nie Bibi se inligting nodig nie, hy't sy eie

Loading player...
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en Israeliese eerste minister Benyamin Netanyahu het Dinsdag afsonderlik met Amerikaanse president Donald Trump in die Oval Office ontmoet, voordat hulle wyle senator Lindsey Graham se begrafnisdiens bygewoon het. Besonderhede van die ontmoetings is nog skraps. Fox News het voor die tyd aan Trump gesê Netanyahu sal hom volgens berigte inlig oor uitgrawings en ander aktiwiteite by Iran se Pickaxe Mountain, wat vermoedelike as 'n kern-fasiliteit ingerig word. Trump het geantwoord dat Netanyahu hom dit sal vertel omdat Bibi wil hê hy moet betrokke bly. Luister self.
28 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamLamb-stigter gesels oor Lamb Champs

Namibië se skaapboere berei voor om die land se wêreldklas-lam in die internasionale kollig te plaas met die bekende Lamb Champs wat sy heel eerste internasionale uitnodigingskompetisie loods. Tien van Namibië se top-skaapboere sal op 31 Oktober in Pretoria teen 'n Suid-Afrikaanse span van 10 te staan kom. Kosmos 94.1…
29 Jul 12AM 1 min

Diamantproduksie daal, kans om ekonomie te diversifiseer

Reaksie word ontvang op Namibië se diamantproduksie wat met 7 persent tot 1,09 miljoen karaat gedaal het gedurende die eerste helfte van 2026. Laer aflandige produksie by Debmarine Namibia het Namdeb se hoër produksie op land geneutraliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê die…
29 Jul 12AM 1 min

SA-munisipaliteite sal van Vrydag af fondse begin ontvang

Finansminister Enoch Godongwana sê die Nasionale Tesourie gaan Vrydag begin om die res van die uitstaande billike-aandeeltoekennings aan munisipaliteite vry te stel. Die fondse van 69 munisipaliteite is teruggehou weens versuim om aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur te voldoen. Godongwana sê die maatreël is ingestel om finansiële aanspreeklikheid…
28 Jul 11PM 1 min

KI kan SA se mynbedryf laat herleef: studie

PwC Suid-Afrika se studie toon kunsmatige intelligensie en tegnologieë van die Vierde Nywerheidsrewolusie kan help om die land se sukkelende mynbedryf te laat herleef deur nuwe mineraalbronne te identifiseer en produktiwiteit te verbeter. Die mede-direkteur van Smart Mining, Ian Mackay, het tydens die Myn-vernuwingsuitstalling gesê die sektor word gekniehalter deur…
28 Jul 11AM 1 min