Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder…
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. Saftu se…
Die Namibia Revolutionary Transport and Manufacturing Union, Naretu, sê strenger strawwe alleen sal nie die dronkbestuur-krisis oplos nie. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir strenger strawwe vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die…
Die 78ste Emmy-toekennings het in Los Angeles afgesluit met The Pitt wat groot gewen het. Oudergewoonte was daar emosionele oomblikke en Sally Field, wat die toekenning gewen vir uitmuntende hoofaktrise vir haar rol in Remarkably Bright Creatures, gewen het, het hulde gebring aan haar jare-lange vriendin Dolly Parton.
Die arbeidministerie maak dit duidelik dat sekuriteitswerkers die hoër nasionale minimumloon betaal moet word, ongeag laer tariewe wat in 'n kollektiewe ooreenkoms vervat is. Die ministerie sê sekuriteitswagte in die konstruksiebedryf moet vanjaar minstens 16 Namibiese dollar per uur ontvang, wat vanaf Januarie 2027 tot 18 dollar per uur sal…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.