Johnson wis niks van ondersoek na fondse-misbruik

Loading player...
Die Madlanga-kommissie het die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor bewerings rakende misbruik van Misdaadintelligensie-fondse. Sy het getuig sy was nie bewus van enige ondersoeke nie en sulke sake val onder die Valke. Johnson voeg by die direktoraat sou aandag gee aan enige ondersoek na bewerings wat die parlementslid Fadiel Adams geopper het:
28 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pan-Afrikaanse Parlement vra dringende optrede in Soedan

Die Pan-Afrikaanse Parlement het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die konflik in Soedan te beëindig en gewaarsku dat die land se verergerende humanitêre krisis nie geïgnoreer kan word nie. Wetgewers het tydens 'n vergadering in Suid-Afrika die parallelle regering van die Rapid Support Forces verwerp, sterker bemiddelingspogings van…
28 Jul 10AM 1 min

Toerismeraad vry hard na Botswana-toeriste

Namibië en Botswana het in 2023 paspoortlose reise met net nasionale identiteitskaarte tussen die twee lande bekendgestel, en onlangs nog 'n stap om toerisme-, handels- en beleggingsbande te versterk geneem. Die Namibiese Toerismeraad het 'n reeks strategiese vergaderings in Gaborone gelei om Namibië as 'n voorste reisbestemming te vertoon. Kosmos…
28 Jul 10AM 1 min

Tradisionele howe 'gesien as bevooroordeeld'

Reaksie word ontvang op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se beroep op tradisionele leiers om grond-, opperhoofskap- en opvolgingsgeskille deur gewoontereg op te los. Sy het gewaarsku dat 'n toenemende afhanklikheid van siviele howe tradisionele gebruike kan ondermyn. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die opmerkings 'n kommer…
28 Jul 10AM 1 min

Dâures-brande vernietig 20 782 hektaar weiveld

Na vyf dae van verwoestende veldbrande in die Dâures-kiesafdeling in die Erongo-streek, is van die vure uiteindelik geblus. Na raming is 20 782 hektaar weiveld in Omajete-gebied vernietig, wat gemeenskappe met groot verliese laat. Inwoners sê die brande het lewens en vee bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Bosilo…
28 Jul 9AM 1 min

SADC betalingstelsel brei verder as SA rand uit

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is daartoe verbind om oorgrens-transaksies goedkoper en vinniger te maak. Die Angolese kwanza het die tweede betalingseenheid geword om by die elektroniese streeksbetaalstelsel aan te sluit. Dit het 13 jaar lank uitsluitlik die Suid-Afrikaanse rand gebruik, hoofsaaklik om Suid-Afrika se gevorderde finansiële infrastruktuur te benut. Botswana en…
28 Jul 8AM 1 min