Woord vir Vandag - 20 Aug 2026

Loading player...
“…’Wie kan Ek met ‘n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir ons gaan?’ Ek het geantwoord: ‘Here, ek sal gaan! Stuur my!’” Jesaja 6:8 NLV
Jou reaksietyd maak saak
Onthou jy die tien spioene wat God se vermoë om sy belofte na te kom betwyfel het en die Israeliete ontmoedig het om die Beloofde Land binne te gaan? Hul twyfel was so aanstootlik vir God - Hy het immers reeds sy mag aan hulle deur die uittog uit Egipte en die skeiding van die Rooi See geopenbaar - dat God dadelik sy oordeel oor hulle voltrek het. Die volgende dag het die Israeliete ‘n ommeswaai gemaak. Hulle het van plan verander, maar dit was te min, te laat. Een dag se vertraging het hulle veertig jaar gekos! Hulle het die Beloofde Land misgeloop omdat hul reaksietyd te stadig was. Dit beteken nie dat jy in vrees moet leef om iets mis te loop nie. God is immers die God van tweede kanse (sien Jona 3:1). Jy moet egter die volgende verstaan: onaktiwiteit is ‘n aksie en besluiteloosheid is ‘n besluit. Wanneer jy met God te doen het, is jou reaksietyd van kardinale belang. Paulus se bediening het begin toe hy ‘n lewensveranderende ontmoeting met Christus op die Damaskuspad gehad het. Onmiddellik het hy op sy knieë geval en uitgeroep: ‘…Here, wat wil U hê moet ek doen?..’ (Handelinge 9:6 AFR53). Toe die hemel oopgaan en God vra: ‘…Wie kan Ek met ‘n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir ons gaan?..’ het die profeet Jesaja onmiddellik geantwoord: ‘…Here, ek sal gaan! Stuur my!’ Hy het gesê: ‘Ja, gaan. Sê vir die mense so…’’ (Jesaja 6:8-9 NLV). Jy wil nie God vooruitloop nie en jy wil nie agtergelaat word nie. Wat jy moet doen, is om die geleenthede wat Hy jou gee so vinnig, so beslis en so dapper as moontlik aan te gryp. Jou reaksietyd maak saak.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min