Woord vir Vandag - 15 Aug 2026
Loading player...
“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV
Geld: Hoe mens dit kry en uitgee
Baie van die helde in die Bybel was welgestelde individue. ‘Abram was baie ryk aan lewende hawe, silwer en goud’ (Genesis 13:2 NLV). Koning Dawid ‘…is op ‘n ryp ouderdom dood nadat hy ‘n lang lewe, rykdom en eer geniet het…’ (1 Kronieke 29:28 NLV). Barnabas, ‘n welgestelde grondeienaar, het die uitbreiding van die vroeë kerk moontlik gemaak toe hy ‘n stuk grond verkoop en die geld aan die apostels gegee het (sien Handelinge 4:36-37). Daar is niks met rykdom op sigself verkeerd nie. Die dinge wat egter saak maak, is: 1) Hoe jy dit kry. ‘Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê… Die betaling wat julle teruggehou het van die mense wat oes, is baie duidelike getuienis teen julle…’ (Jakobus 5:1, 4 NLV). Die God wat aanteken en beloon, let ook op hoe jy sake doen. 2) Hoe jy dit gee. Dawid het gesê: ‘…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ Wanneer God dus vir jou sê om te gee, probeer om hierdie twee dinge te onthou: a) Hy vra vir ‘n gedeelte van dit wat reeds aan Hom behoort. Jy besit dit nie; jy bestuur dit net vir Hom. b) Jy oes altyd wat jy saai. ‘…Wat mense saai sal hulle ook maai!’ (Galasiërs 6:7 NLV). In God se ekonomie maai jy meer as wat jy saai. Wanneer jy ‘n enkele mieliepit plant, oes jy ‘n mielierank met honderde mieliepitte. Gee dus en God sal aan jou teruggee.