
Groot ontwikkeling by Herboths, net buite hoofstad
Loading player...
Die eiendomsontwikkelaar APxHouse en Pieter Mostert Argitekte het 'n eksklusiewe samewerkingsooreenkoms aangegaan vir Woodlands @ Herboths, die lae-digtheid natuurlandgoed net 20-minute oos van Windhoek. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die argitektuur eerlike, duursame materiale, 'n ruim binne-buite leefstyl en klimaat-responsiewe ontwerp nastreef.

