'n Verslag deur AfriForum ná die ondersoek na 47 gewelddadige plaasaanvalle tussen 2019 en 2025, dui op 'n herhalende patroon van marteling. Daarvolgens is slagoffers gebrand, gesteek, verwurg en seksueel mishandel. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasaanvalle kom in al nege provinsies voor, en vra die regering om dit te…
Namfisa het 'n nuwe lys riglyne uitgereik wat die formaat en vereistes uiteensit vir die reëls wat op geregistreerde aftreefondse, begunstigdefondse en onderlinge hulpverenigings van toepassing is. Die riglyne geld ook vir hul rade, hoofbeamptes en administrateurs. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die nuwe riglyne bevorder deursigtigheid en die gebruik van…
Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van…
Die Mynwerkersunie het gevra vir die tydelike opskorting van werksaamhede by Andrada Mining se Uis-tinmyn ná die dood van 'n werker. Die werker is Maandag oorlede nadat hy by die werk ineengestort het. Niklaas Afrikaner, die vakbond se voorsitter vir die westelike streek, sê die voorval het die werksmag diep…
Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.