Arbeid besoek streke vir konsultasie oor wetswysiging

Loading player...
Die arbeidministerie sal van 10 Augustus tot 16 September met streeksraadplegende vergaderings oor die wysiging van die Wet op Indiensnemingsdienste van 2011 begin. Die konsultasies vorm deel van die regering se verbintenis om te verseker dat die land se indiensnemingswetgewing relevant, responsief en in lyn bly met die ontwikkelende dinamika van die arbeidsmark. Ministerie-woordvoerder Jeremia Namalenga:
27 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Engeland-afrigter entoesiasties oor Pietersen

Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van…
15 Sep 8AM 1 min

Stop werk tydelik by Uis-tinmyn, vra MUN

Die Mynwerkersunie het gevra vir die tydelike opskorting van werksaamhede by Andrada Mining se Uis-tinmyn ná die dood van 'n werker. Die werker is Maandag oorlede nadat hy by die werk ineengestort het. Niklaas Afrikaner, die vakbond se voorsitter vir die westelike streek, sê die voorval het die werksmag diep…
15 Sep 8AM 1 min

Houthi-geweld ontheem 94 000

Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder…
15 Sep 6AM 1 min

Saftu reageer op Kempton-moorde

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. Saftu se…
15 Sep 6AM 1 min

Naretu sê strenger strawwe sal nie dronkbestuur oplos nie

Die Namibia Revolutionary Transport and Manufacturing Union, Naretu, sê strenger strawwe alleen sal nie die dronkbestuur-krisis oplos nie. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir strenger strawwe vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die…
15 Sep 6AM 1 min