Toue van 20km by Beitbrug is vertraging aan Zim-kant

Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê lang toue vragmotors – wat tot 20 kilometer strek – by die Beitbrug-grenspos word veroorsaak deur verkeersopeenhopings aan die Zimbabwiese kant van die grens. Die Owerheidswoordvoerder Mmemme Mogotsi sê alle Suid-Afrikaanse grensbedrywighede, insluitend doeane-, immigrasie- en gesondheidsinspeksies, funksioneer normaal. Sy het beklemtoon dat die owerheid met Zimbabwiese owerhede saamwerk om verkeersopeenhopings te verlig en die vloei van vragverkeer te verbeter:
27 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Engeland-afrigter entoesiasties oor Pietersen

Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van…
15 Sep 8AM 1 min

Stop werk tydelik by Uis-tinmyn, vra MUN

Die Mynwerkersunie het gevra vir die tydelike opskorting van werksaamhede by Andrada Mining se Uis-tinmyn ná die dood van 'n werker. Die werker is Maandag oorlede nadat hy by die werk ineengestort het. Niklaas Afrikaner, die vakbond se voorsitter vir die westelike streek, sê die voorval het die werksmag diep…
15 Sep 8AM 1 min

Houthi-geweld ontheem 94 000

Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder…
15 Sep 6AM 1 min

Saftu reageer op Kempton-moorde

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. Saftu se…
15 Sep 6AM 1 min

Naretu sê strenger strawwe sal nie dronkbestuur oplos nie

Die Namibia Revolutionary Transport and Manufacturing Union, Naretu, sê strenger strawwe alleen sal nie die dronkbestuur-krisis oplos nie. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir strenger strawwe vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die…
15 Sep 6AM 1 min