Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van…
Die Mynwerkersunie het gevra vir die tydelike opskorting van werksaamhede by Andrada Mining se Uis-tinmyn ná die dood van 'n werker. Die werker is Maandag oorlede nadat hy by die werk ineengestort het. Niklaas Afrikaner, die vakbond se voorsitter vir die westelike streek, sê die voorval het die werksmag diep…
Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder…
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. Saftu se…
Die Namibia Revolutionary Transport and Manufacturing Union, Naretu, sê strenger strawwe alleen sal nie die dronkbestuur-krisis oplos nie. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir strenger strawwe vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.