Onderwysersunie twyfel aan inligtingsessies se sukses

Loading player...
Die visepresident van die Onderwysersunie van Namibië, Tjandero Tjituka, het verskeie kwessies op Otjiwarongo aangespreek wat beide onderwys self en onderwysers in die land raak. Dit het deel gevorm van 'n rits inligtingsessies wat verskeie staande komitees in die afgelope weke onder hulle relevante sektore gehou het. Kosmos 94.1 Nuus het met die unie se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, gepraat. Hy het kommer oor die sessies oor die algemeen.
13 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteit lê klag teen Amazon in Washington

Solidariteit het 'n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor 'n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap…
16 Sep 3AM 1 min

Eenhana se handelaars moes skuif - burgemeester

Die burgemeester van Eenhana, Omri Onn Kavandje, sê die verskuiwing van straatverkopers na die dorp se aangewese opemark is noodsaaklik om openbare orde te handhaaf en beleggings te lok. Kavandje het tydens 'n vergadering met die bestuur en belanghebbendes van die Eenhana-stadsraad verduidelik dat die raad die dorp se verordeninge…
16 Sep 3AM 1 min

Kempton-moorde: Een vas, nog een soek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane…
16 Sep 2AM 1 min

Verkrygingsraad en NaCC sal saamwerk

Die Namibiese Verkrygingsraad en die Mededingingskommissie se nuut-getekende memorandum van ooreenkoms beoog om tender “konkelary” en prysmanipulasie met regeringskontrakte te beveg. Die raad se uitvoerende hoof, Idi Itope sê die ooreenkoms sal owerhede in staat stel om openbare verkryging gelyktydig vanuit twee rigtings te monitor en korrupsie makliker te ontbloot…
16 Sep 2AM 1 min

Agt Kaapse haweloses reis na Mexiko vir Homeless World Cup

Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Homeless World Cup-program, en gebruik sokker om hawelose mense te ondersteun. Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham sê agt spelers is nou gekies om Suid-Afrika in Januarie volgende jaar…
16 Sep 1AM 1 min