Zimbabwies-Britse moordverdagte in SA vasgetrek

Loading player...
Interpol en die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad het 'n Zimbabwies-Britse burger, Mkhanyisi Tshuma, in hegtenis geneem. Hy word deur die Britse owerhede gesoek vir die beweerde moord van sy vrou en twee dogters. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die 45-jarige is opgespoor na 'n Interpol-rooi kennisgewing en hy is vyf dae na hy Suid-Afrika binnegekom het, gearresteer. Die motief vir die moorde is steeds onbekend. Sy het bevestig dat Tshuma na verwagting Maandag in die hof sal verskyn wanneer die uitleweringsproses begin:
11 Jul 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EU moet sy energie-afhanklikheid aanspreek

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die EU in Strasbourg, Frankryk toegespreek in haar jaarlikse toespraak. Sy het talle kwessies aangeraak maar, spesifiek melding gemaak van die stygende energiekostes wat die blok ervaar, nes elders oor die wêreld.
16 Sep 5AM 1 min

Ebola: VN sê dit sal nog maande neem

Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord…
16 Sep 5AM 1 min

Solidariteit lê klag teen Amazon in Washington

Solidariteit het 'n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor 'n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap…
16 Sep 3AM 1 min

Eenhana se handelaars moes skuif - burgemeester

Die burgemeester van Eenhana, Omri Onn Kavandje, sê die verskuiwing van straatverkopers na die dorp se aangewese opemark is noodsaaklik om openbare orde te handhaaf en beleggings te lok. Kavandje het tydens 'n vergadering met die bestuur en belanghebbendes van die Eenhana-stadsraad verduidelik dat die raad die dorp se verordeninge…
16 Sep 3AM 1 min

Kempton-moorde: Een vas, nog een soek

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane…
16 Sep 2AM 1 min