Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho

Loading player...
Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy loopbaan en die ontwikkeling van sokker in Namibië. Luister na 'n boeiende gesprek vol ervaring, perspektief en passie vir die spel.
10 Jul 10AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Elmero gesels met Darryl Beukes oor sy boek "The Reward of Repetition"

Diep, roerend en ontsettend inspirerend! 🎙️✨ Tydens vandag se Kosmos 94.1 Kuierkonvooi het Elmero agter die mikrofoon ingeskuif vir 'n ongelooflike gesprek met Darryl Beukes oor sy boek, "The Reward of Repetition". 'n Kragtige herinnering dat volhoubaarheid en die regte gewoontes werklik vrugte dra
9 Sep 11AM 8 min

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum…
9 Sep 5AM 12 min

Disney op die verhoog: ’n Betowerende dansproduksie by die NTN

Jean-Louis en Laimi gesels met Anchen Wille van die Anchen Wille Dance Academy oor hul nuwe produksie, Disney on Stage! Ontdek wat jy kan verwag van hierdie kleurvolle vertoning vol dans, musiek en geliefde Disney-karakters. ’n Gesprek oor die magie van Disney, dans en ’n produksie wat die verhoog by…
3 Sep 5AM 5 min