SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA

Loading player...
ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by Wallmannsthal in Pretoria is waar militêre voertuie gelaat word om te vergaan. Lerato Ngobeni van ActionSA sê dis nog ʼn bewys dat die SANW nie meer in staat is om sy grondwetlike mandaat na te kom nie:
10 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA woedend omdat Gayton nie Atletiek SA betaal nie

Atletiek: ActionSA is woedend nadat Atletiek Suid-Afrika se visepresident, John Mathane, die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan beskuldig het dat sy departement nie die toelaes betaal het wat aan die liggaam verskuldig is nie. ActionSA se woordvoerder, Dereleen James, sê die toelaes moes reeds teen die…
29 Jul 11AM 1 min

TLU SA steun Graan SA teen sojaboon-liggingsaanpassing

Die landbou-organisasie TLU SA steun Graan SA se teenkanting teen die voorgestelde sojaboon-liggingsaanpassing en waarsku dit kan boere se inkomste onregverdig verminder. Dit is 'n prysaanpassing wat verband hou met waar gewasse ontstaan en die afstand na afleweringspunte. Die organisasie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê produsente moenie bykomende finansiële…
29 Jul 11AM 1 min

SME's moet ruimtewetenskap-wetsontwerp konsultasies bywoon

Die onderwysministerie herinner die publiek daaraan dat die oorblywende streekskonsultasies oor die voorgestelde Wetsontwerp op Ruimtewetenskap en -tegnologie voortduur. Die volgende konsultasie sal op 12 Augustus in die Khomas-streek gehou word, met die regering wat openbare insette insamel om die wetlike raamwerk vir ruimtewetenskap en -tegnologie te help vorm. Kosmos…
29 Jul 10AM 1 min

Bibi skepties oor enige Iran-ooreenkoms

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, bly skepties oor enige moontlike ooreenkoms met Iran. Die ooreenkoms van verstandhouding vir 60-dae wat Iran en Amerika verlede maand onderteken het en die heropening van die Straat van Hormuz insluit, het binne weke in duie gestort toe die twee lande aanvalle hervat het…
29 Jul 10AM 1 min