Versigtig met wild-hervestiging in Kunene

Loading player...
Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sulke inisiatiewe deur deeglike wetenskaplike beginsels gelei moet word.
10 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië se kookkuns bly tops

Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die…
16 Sep 6AM 1 min

IPC boos oor weerstelsels by lughawens

Die IPC se skadu vervoerminister, Nelson Kalangula, waarsku dat die afgradering van Walvisbaai Internasionale Lughawe se lugruim na Klas G vlieëniers dwing om sonder lugverkeersbeheer of regstreekse weerdata te vlieg, wat veiligheid ernstig in die gedrang bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na vlugomleidings na Hosea Kutako Internasionale…
16 Sep 6AM 1 min

Hardap het genoeg water tot die 2027 koringoes-seisoen

Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
16 Sep 5AM 1 min

EU moet sy energie-afhanklikheid aanspreek

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die EU in Strasbourg, Frankryk toegespreek in haar jaarlikse toespraak. Sy het talle kwessies aangeraak maar, spesifiek melding gemaak van die stygende energiekostes wat die blok ervaar, nes elders oor die wêreld.
16 Sep 5AM 1 min

Ebola: VN sê dit sal nog maande neem

Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord…
16 Sep 5AM 1 min