Navo-lidmaatskap vir Oekraïne maak eenvoudig sin

Loading player...
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het in 'n toespraak by die Navo-beraad in Ankara, Turkye bondgenote aangespoor om die lugverdedigingstelsels te lewer wat Kiëf dringend nodig het om dit teen eskalerende Russiese aanvalle te beskerm. Hy sal ook na verwagting 'n vergadering met Amerikaanse president Donald Trump hou en beklemtoon dat Rusland se massiewe aanvalle 'n blyk van swakheid is, nie krag nie, en dat president Vladimir Putin gedruk moet word om vredesgesprekke te voer. Zelensky het verder gesê dat Oekraïne se aansluiting by Navo sin maak. Luister self.
7 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne

Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die…
16 Sep 10AM 1 min

Publiek moet weet wat Vitol agter die skerms belowe is: IPC

Die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge en handel, Rodney Cloete, het formele vrae in die Nasionale Vergadering ingedien en eis volle deursigtigheid oor die regering se grootmaat brandstofvoorsieningsooreenkoms met die multinasionale handelaar Vitol, en die verlenging daarvan tot Oktober. Cloete wil hê dat die lynministerie werklike brandstofvolumes wat ingevoer…
16 Sep 10AM 1 min

Haal uit die truie, koue is op pad, sê weerdiens

'n Afsny-laedrukstelsel beweeg tans oor die land en bring buite-seisoen reënbuie na die suidwestelike streke. Albertina Anderson van die weerdiens sê dat 'n kouefront die land kort ná die reën kan bereik, wat sal veroorsaak dat temperature oor die naweek drasties daal. Sy het meer:
16 Sep 10AM 1 min

Oekraïne sal aanhou Russiese energieteikens aanval, Trump

Vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne is weer in die nuus, veral met president Donald Trump wat Oekraïne se aanvalle op Russiese energieteikens, wat hy sê die dieselprys opstoot, wil laat ophou. Maar, en dit is nie die eerste keer nie, sê president Volodymyr Zelensky voordat hy om ‘n tafel saam…
16 Sep 9AM 1 min

Nasan vorder fluks met handelsmerk-verandering

Nasan Energies het die eerste fase van sy program vir die verandering van sy diensstasies na sy handelsmerk toe suksesvol voltooi. Sestien voormalige Shell-vulstasies dwarsoor Namibië is na die Nasan-handelsmerk oorgeskakel. Dit sluit terreine in Rehoboth, Oshakati, Gobabis, Mariental, Kalkveld, Windhoek, Okahao, Walvisbaai, Outjo, Okahandja, Tsumeb, Ondangwa en Oshivelo in…
16 Sep 9AM 1 min